Mercedes-Benz OM654-enjin

Die Mercedes-Benz OM654 is 'n familie van viersilinder-dieselenjins wat in 2016 deur Mercedes-Benz bekendgestel is. Die enjin is 'n 1 950 cc (2,0 L) turbodiesel gegote aluminiumblok inlynviersilinder met balanseerasse. Dit het 'n enkele turbo en die silinderwande is gevoer met gladde Nanoslide, 'n yster-koolstofbedekking wat wrywing verminder. In die 220-opstelling lewer dit 143 kW teen 3800 opm met 'n piekwringkrag van 400 Nm teen 1600–2400 opm. Die enjin se massa is 168,4 kg ('n verbetering van 17% teenoor die 202,8 kg van die 2,2 liter-enjin OM651. Die enjin verbruik ook 13% minder brandstof as sy voorganger. Daar word beplan dat dit oor die hele Mercedes-Benz-reeks van motors en afleweringswaens gebruik sal word.


Developed by StudentB